Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus en sy vrou van die afgelope 26-jaar, Nicolene, is geskei. Netwerk 24 berig die saak het op 29 April in die Kaapstadse hooggeregshof voorgekom. Die aangeleentheid word intussen stil gehou en nie Erasmus, sy vrou, of familie en vriende wil enigiets sê nie.
Die paartjie het drie dogters. Erasmus se vrou, ‘n verpleegster van beroep, het intussen gevra dat die gesin se privaatheid gerespekteer word. Erasmus se regsverteenwoordiger, Frikkie Erasmus, wou ook niks bevestig nie. Erasmus en sy vrou het tydens sy weermagdae in Bloemfontein ontmoet.