Die Noordwes-Universiteit, of NWU, het ‘n eredoktorsgraad in die dissipline Afrigtingswetenskap aan die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, toegeken.
Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het van Parys in Frankryk af ingevlieg om gister in die oomblik te deel en vir studente die Web Ellis-trofee ten toon te stel. Die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Awie Kotze, sê Erasmus is ‘n nasiebouer wat ‘n rewolusie in afrigtingswetenskappe veroorsaak het met verskeie baanbrekende konsepte in rugby-strategie.