Daar is nie meer plek vir masseuses of dieetkundiges in die Springbokspan se nuwe bestuurspan nie. Rassie Erasmus, die Springbokke se afrigter, het in ‘n nuusverklaring gesê die bestuurspan is gewysig om meer hulpbronne beskikbaar te hê vir die tegniese sy van die spel.

Dit beteken dat daar nie meer plek is vir Zeenat Simjee, die dieetkundige wat na bewering ‘n verhouding met die voormalige Bok-losskakel, Elton Jantjes, gehad het nie. Jantjies het destyds erken die twee was meer as net vriende maar Simjee het ontken dat hulle ‘n buite-egtelike verhouding gehad het. Die masseuses wat nog verlede jaar deel was van die Bokspan by die Wêreldbekertoernooi, Greg Daniels en Lelani van der Merwe, sal ook nie meer saam met die span reis nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×