Die stigter van Pick ‘n Pay, Raymond Ackerman, is in die ouderdom van 92-jaar oorlede. Ackerman wat die Pick ‘n Pay winkelgroep in 1967 begin het, was ‘n sakepionier in die moderne Suid-Afrika, luidens ‘n verklaring van Pick ‘n Pay se uitvoerende hoof, Pieter Boone. Boone het gesê Ackerman was ‘n baken van hoop en dat sy nalantskap sal bly voortleef. Pick ‘n Pay was naas sy familie, sy grootste prestasie, het Boone gesê.