Raymond de Villiers se tronkstraf appèl misluk

Die Bloemfontein rekenmeeester, Die Bloemfontein rekenmeeester, Raymond de Villiers, wat skuldig bevind is aan diefstal, nadat hy R950 000 van Amanda Wiese gesteel het, se vonnis van vier jaar direkte tronlstraf bly staan.

Dit volg nadat sy appèl teen sy tronkstraf in die Vrystaatse hooggeregshof misluk het.

Netwerk24 berig dat waarnemende regter Collin Nekosi ook gelas het dat De Villiers binner 30 dae R900 000 aan Wiese moet terugbetaal.

Wiese het reeds R50 000 teruggekry.

De Villiers het reeds R1-miljoen gespaar om Wiese terug te betaal, maar volgens Nekosi is dit onstellend dat De Villiers dit net sal doen as hy verseker word dat hy nie tronkstraf sal uitdien
nie.

Luister na potgooie hieronder