Nog ‘n liggaam van ‘n onwettige mynwerker is uit ‘n verlate myn in Stilfontein in Noordwes gehaal.
Dit bring die dodetal sedert verlede maand op nege te staan.
Dit is vandag drie weke sedert die stigting van ‘n taakspan om onwettige mynwerkers terug na die oppervlak te bring.
Meer as een-duisend-300 onwettige mynwerkers is in hegtenis geneem sedert die begin van Operasie Vala Umgodi verskerp.
Die reddingsoperasies gaan voort.