‘n Reddingspan is op die been gebring om bystand te beid by die Stilfontein-myn in Noordwes. Dit is die werk van die minister van polisie, Senzo Mchunu, soos die polisie ‘n massiewe operasie bedryf om talle onwettige delwers uit mynskagte te dryf.

Maroela Media berig verder die die reddingspan word deur die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, Wessels Morweng, gelei.

Hy sal onder meer verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van ’n omvattende reddingsplan wat kan help om zama-zamas na die oppervlak te bring.

Morweng het reeds met verskeie belanghebbendes vergader wat deel van dié reddingspan vorm, insluitend die polisie, distrik- en plaaslike burgemeester, gemeenskapsleiers, myneienaars, myne se tegniese reddingspanne en staatsdepartemente.

Daar is vroeër beig duisnde zama-zamas het sedert 18 Oktober geweier om uit mynskagte van die Stilfontein-myn te kom. Meer as 1 000 zama-zamas het reeds die afgelope paar weke na die oppervlak gekom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×