Redes waarom mense uit Bloemfontein en die land emigreer

DA-raadslid in die Mangaung Metro, Dave McKay, sê daar is ses hoofredes waarom 15 van sy vriende, waarvan agt in Bloemfontein woon, besig is om te emigreer.

Volgens McKay is die onsekerheid oor die rand wat verswak een van die redes waarom mense wil land uit.

Verder sê hy nog ‘n rede is die onmoontlike omstandighede om ‘n sakeonderneming te bedryf weens die tekort aan basiese munisipale dienslewering.

 

 

Toenemende misdaad, die aanslag op boere met plaasaanvalle en die stygende korrupsie in die land is nog redes wat McKay aan Netwerk24 verskaf het.

Hy sê egter wat die kameel se rug gebreek het, is die drakoniese inperkingsmaatreëls wat dit onmoontlik maak om sakeondernemings se deure oop te hou en personeel te betaal.

Volgens prof. Hussein Solomon, hoof van die departement politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, word die hoeveelheid mense wat groener weivelde in die buiteland soek net meer.

Luister na potgooie hieronder