Reeds meer as 5 000 aansoeke ontvang vir die huur van staatsgrond

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, sê haar departement het reeds meer as 5 000 aansoeke ontvang vir die huur van staatsgrond.

Die regering het verlede maand 700 000 hektaar se staatsgrond beskikbaar gestel vir verhuring vir landboudoeleindes, as deel van die land se ekonomiese herstelplan.

Didiza sê die meeste van die aansoeke is van jongmense, koöperasies, vroue en diegene wat reeds op staatsgrond boer.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 16 November.

Luister na potgooie hieronder