Die vermoorde Reeva Steenkamp se pa, Barry, is gisteraand skielik in sy slaap oorlede volgens ‘n inskrywing op die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting op Facebook. Barry Steenkamp was 80-jaar oud. Hy het saam met sy vrou June, in Gqeberha gewoon. Die Steenkamps was sedert 2013 in die nuus toe Reeva deur haar kêrel, die voormalige paralimpieseatleet, Oscar Pistorius op Valentynsaand doodgeskiet is. Hulle het kampvegters vir geweld teen vroue geword. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×