Suid-Afrika is wêreldwyd bekend as die land met die meeste ministers en kabinetslede maar sal eerder die begroting sny vir behuising vir arm mense terwyl hulle hul kaders se elite-lewenstyl instand hou. So het Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, gisteraand tydens ‘n raadsvergadering gesê omdat daar gedwonge inperkings op die metro se besteding is na besnoeiings van die ANC se nasionale begroting. Hill-Lewis het gesê terwyl die nasionale regering behuisingsbegrotings vir Kaapstad, Johannesburg en Durban inperk, word R75 miljoen meer bestee aan beskermingsdienste vir hoëlui, asook R55 miljoen vir viertrek-voertuie vir tradisionele leiers. Hill-Lewis het ook verwys na die R480 000 wat vir die minister van polisie, Bheki Cele, se assistent bestee is om die Wêreld-rugbytoernooi by te woon. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×