Die regering wat appél aanteken teen ‘n hofuitspraak wat hom gelas om skole, hospitale en polisiekantore van beurtkrag vry te stel, wys dat die regering nie omgee oor sy burgers nie. So sê Mmusi Maimane, leier van Buidl One South Africa, of Bosa. Maimane het gister voor die hooggergshof in Kaapstad met regstappe gedreig omdat die regering eerder kies om teen die uitspraak te appelleer as om die sperdatum, Woensdag, volgens die hofbevel na te kom.
Maimane het aan Netwerk 24 gesê die regering moenie toegelaat word om mense van hul regte te ontneem omdat hulle nie die uitspraak kan toepas nie. Bosa is een van 19 party en organisasies wat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar gevra het om beurtkrag ongondwetlik te verklaar. Die DA het ‘n soortgelyke aansoek by die hof ingedien. Maimane sê dit kan nie te duur wees om die persele van beurtkrag vry te stel nie, want elke minister en die president in hul ampswonings ervaar nie beurtkrag nie.