Die regering wil 2 500 megawatt kernkrag tot Suid-Afrika se kragnetwerk toevoeg.

Maroela Media sê by monde van Zizamele Mbambo, van die ministerie van energie se kernkrag-afdeling, dat talle verskaffers reeds genader is om voorstelle in te dien.

Volgens Mbambo is die beplande kernkrag-toevoeging egter nie ‘n kitsoplossing nie, aangesien dit waarskynlik eers oor tien jaar werklikheid sal kan word.

Die Koeberg-kernkragsentrale, die enigste van sy soort in Afrika, kan op volle kapasiteit ongeveer 1 860 megawatt lewer.

Koeberg wek nou net die helfte van sy algehele vermoë op, nadat eenheid 2 gister afgeskakel is om stoom-ontwikkelaars te vervang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×