Die minister van Binnelandse Sake, dr Aaron Motsoaledi, het gister tydens ‘n nuuskonferensie in Pretoria erken die regering het geen idee hoeveel onwettige immigrante in Suid-Afrika is nie. Motsoaledi het die jongste witskrif oor burgerskap, immigrasie en vlugteling-beskerming vrygestel. Hiervolgens word Suid-Afrika se migrasiestelsel en wetgewing in sy geheel hersien. Die witskrif is Vrydag in die staatskoerant gepubliseer. Hy het gesê konflikte, gewapende geweld en rampe dwing mense om hul lande te verlaat en dat Suid-Afrika beter geleenthede vir talle skep, waarvan meestal onwettige immigrante. Die wet moet egter ingryp om immigrasie te hanteer nadat geweld tussen landsburgers en buitelanders kop uitgesteek het, berig Netwerk 24. Die deportasie van onwettige immigrante neem jaarliks toe. Talle nuwe wetgewing word ook ingebring om die polisie en immigrasiebeamptes magte te gee om teen onwettige immigrante op te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×