Die regering het vir die die eerste keer in vyftien jaar ʼn primêre begrotingsoorskot behaal.

‘n Regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê luidens Maroela Media dit is te danke aan die ondersteuning wat die nasionale tesourie ontvang het van president Cyril Ramaphosa, die minister van finansies, en die kabinet van die sesde administrasie. Dit, ten spyte van baie uitdagings wat die nasionale fiskus gekonfronteer het.

Mnukwa sê die uitdagings sluit in die ekonomie wat moes herstel van die wêreldwye ekonomiese krisis, staatskaping, verlengde finansiële beperkings weens die Covid-19-pandemie en die burgerlike onrus van Julie 2021.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×