‘n Span swaargewigte in die regswêreld gaan Suid-Afrika aanstaande week by die Internasionale Geregshof in Den Haag verteenwoordig in sy aansoek teen Israel wat volgens hom volksmoord in Gaza pleeg. Netwerk 24 berig die saak sal aanstaande Donderdag en Vrydag aangehoor word. Suid-Afrika meen Israel het die Konvensie op Volksmoord van 1948 oortree en wil hê die hof moet Israel verplig om sy aanvalle in Gaza te staak. Israel sal hom voor die hof kan verdedig. Die regspan bestaan uit prof John Dugard SC, adv Max du Plessis, adv Themba Ngcukaitobi SC en adv Adila Hassim SC. Dugard is ‘n kenner van internasionale reg en was al ‘n ad hoc regter by die Wêreldhof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×