Die DA in die Vrystaat blameer die regering vir ‘n toename in geweldsmisdaad regoor die provinsie. Dit volg op die onlangse dubbele plaasmoord op ‘n bejaarde egpaar van
Glen, naby Bloemfontein. Die DA bestempel die regering se polisiëringsbeleid as ‘n mislukking, en sê dit dra by tot die erge toename in geweldsmisdaad in die land.

Roy Jankielsohn, die party se leier in die Vrystaat, sê dat ‘n gedesentraliseerde polisiemag deel is van die oplossing om misdaad te bekamp. Rosestad-nuus het vroeër berig die polisie het die afgelope naweek op die liggame van ‘n bejaarde egpaar van Glen naby Bloemfontein afgekom. Die oorledenes, wat onderskeidelik 76 en 73 jaar oud was, het veelvuldige wonde aan die bolyf opgedoen, en is op die toneel dood verklaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×