Die DA betwis die Nasionale Tesourie se besluit om nié die Kinderondersteuningstoelae te verhoog nie. Dit volg op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se aanbeveling om die toelae te verhoog met die voedselarmoedelyn in ag.

Die kommissie se aanbeveling is dat die toelae van R510 tot R760 verhoog moet word. Volgens die DA het die Nasionale Tesourie hierdie voorstel van die hand gewys, met verwysing na ‘n gebrek aan beskikbare fondse. Die DA se Bridget Masango sê daar is geen verskoning nie, en dat die krisis deur begrotingsprioritisering bestuur moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×