Die Kaapstad-hooggeregshof het Dinsdag gehoor dit sal glo onmoontlik wees vir die regering om Suid-Afrikaners terug te betaal as die BTW-verhoging later opgeskort word.
Die EFF en die DA betwis die BTW-verhoging wat vroeër vandeesmaand deur die parlement goedgekeur is.
Die BTW-verhoging is geskeduleer om op 1 Mei in werking te tree.
Die DA-prokureur, advokaat Michael Bishop, het aan die hof gesê dat die parlement die verhoging slegs met voorwaardes onderskryf.
LUISTER: