Die regering by monde van Peter Mbelengwa, hoof van kommunikasie by die departement omgewingsake, het gesê die opgepotte renosterhoring is ‘n natuurlike hulpbron en sal nooit vernietig word nie. Dit volg na die EMS-stigting se beroep dat die 75 ton renosterhoring in staatskluise vernietig moet word.

Netwerk 24 berig die stigting het aan die regering gesê dit behoort verbrand te word omdat dit sluikhandel aanmoedig, die swartmark stimuleer en menselewens, veral veldwagters, in gevaar stel. Volgens ‘n navorsingsverslag van die EMS-stigting word verwys na 499 renosters wat verlede jaar in die land gestroop is. Luidens die verslag is professionele trofeejagters, renosterboere, korrupte polisie beamptes, veeartse en natuurbewaringsbeamptes ook by renosterstropery betrokke. 

error: Inhoud is beskerm !!