Agri SA het sy kommer te kenne gegee oor die regering se voorgenome ingryping by die prys van voedsel en waarsku dat dit tot leë winkelrakke kan lei. Agri SA gaan nou aan Thoko Didiza, minister van landbou, skryf oor wat die gevolge van inmenging by kospryse inhou. AgriSA het verwys na ‘n opmerking van Khumbudzo Ntshavheni, minister van die presidensie, dat die kabinet se ekonomiese groepering opdrag gegee het om ‘n aksieplan oor voeselpryse, voedselsekerheid en toegang tot voedsel saam te stel, aldus Maroela Media. AgriSA se hoof-ekonoom, Kulani Siweya het gesê deur deelnemers in die waardekatting se motief om wins te maak, te stuit, kan dit gehalte, innovasie en beskikbaarheid van produkte stuit. Hoewel daar kommer is oor stygende voedselpryse, kan die regering se inmenging tot leë winkelrakke lei. Al hoe die regering kan help is die herstel van pad-en hawe-infrastruktuur, die vermindering van landelike misdaad en die beëindiging van beurtkrag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×