President Cyril Ramaphosa en sy ministers het die afgelope week ‘n topvlak-vergadering met amptenare van die nasionale tesourie en die Reserwe Bank in Stellenbosch gehou waartydens allerlei planne beraam is om die tekort van die fiskus aan te pak en die R350-toelae vir werkloses verder te finansier. Die planne sluit glo in om BTW met twee persentasiepunte te verhoog, tientalle belangrike diensleweringsprogramme te laat vaar en om die staatsdepartemente en entiteite drasties te sny wat tot afleggings in die staatdiens kan lei. Dr Dion George, DA-LP en die party se woordvoerder vir finansieshet gister gesê Ramaphosa en sy administrasie is nie instaat om besluite te maak om die regering se selfopgelegde geldkrisis op te los nie.