Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het gister die derde driedaagse Nasionale Beraad oor dwelmmisbruik in Gauteng geopen. Dit beraad het ten doel om oplossings te vind om die land se dwelmmisbruik-probleem te bekamp. Volgens die minister staar Suid-Afrika talle sosiale euwels in die gesig wat aan dwelm-en alkohol misbruik toegeskryf kan word. Sy het gesê die misbruik van dwelmmiddels en alkohol lei tot huishoudelike geweld en vrouemoord wat as tweede pandemie in die land verklaar is. Zulu het gesê die Nasionale Dwelmmeesterplan, of NDMP,  is ‘n belangrike sewe-punt regeringstrategie wat daarop gemik is om die aanbod en vraag na dwelmmiddels te verminder, asook om die skade wat veroorsaak word deur die misbruik van middels te verminder. Die wetstoepassingsowerhede speel ook ‘n belangrike rol in die stryd teen dwelmmiddels. Zulu het gesê die parlement het pas wetgewing goedgekeur vir die voorkoming en behandeling van middelmisbruik-versteurings. Die beleid sal op 17 November in die staatskoerant gepubliseer word vir kommentaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×