Die presidensie het ontken dat hulle die sperdatum misgeloop het om op Solidariteit se hofaansoek teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te reageer. Hulle sê hulle het bloot ‘n uitstel versoek.
Solidariteit beweer dat die regering herhaaldelik sperdatums geïgnoreer het en dat die laaste kans om opponerende dokumente in te dien op 2 Oktober verstryk het.
Volgens News24, het die regering ‘n uitstel tot 27 November versoek.
Die NGV-wet, wat deur Ramaphosa onderteken is, het kommer in die sake- en gesondheidsektore veroorsaak.
Die regering vra ook vir ‘n verlenging in ’n afsonderlike saak wat deur die Raad op Gesondheidsfinansiers gebring is.