Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het gesê die regering werk saam met munisipaliteite om die kaping van staatsgeboue in veral Gauteng te beëindig. Ntshavheni het vandag tydens ‘n media-inligtingsessie ná ‘n kabinetsvergadering gepraat. Sy het aan JakarandaFM gesê die meerderheid inwoners in gekaapte geboue is buitelanders. Sy het gesê die kabinet het die verskerping van bedrywighede om gekaapte geboue terug te eis, toegejuig. Ntshaveni het bygevoeg die regering werk ook aan die probleem om onwettige mynbedrywighede op te los. Nege meesterbreine van die zama zama’s is onlangs in hegtenis geneem en beslag is gelê op luukse voertuie, edelstene en R34 miljoen se kontant.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×