Suid-Afrikaners het tot môre om te registreer om in die komende nasionale en provinsiale verkiesings te stem. President Cyril Ramaphosa het Woensdag 29 Mei as die stemdatum verklaar. Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, of OVK, verwelkom die aankondiging en sê alles word tot die beste van hul vermoë gedoen ter voorbereiding vir die verkiesing.

Die OVK sê 27-komma-ses miljoen mense het geregistreer om te stem toe die twee registrasie-naweke en veldtogte in die buiteland gehou is. Diegene wat nog wil registreer, kan OVK-kantore in hul munisipaliteit besoek of die verkiesingsliggaam se aanlynportaal gebruik. Die verkiesingsdatum sal môre geproklameer en in die Staatskoerant gepubliseer word, waarna registrasie amptelik sluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×