Daar is nie ‘n meer bevoorregte en beskermde posisie in Suid-Afrika as om ‘n ANC-kader te wees nie, het Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by Afriforum gesê. Hy het bygevoeg die burgerregte-organisasie bekyk die nuwe verwikkelinge en sou dit nodig wees, sal verdere regstappe volg. Afriforum beskou die DKD se besluit om oudpres Jacob Zuma kwyt te skel van sy vonnis as ‘n belediging vir geregtigheid en die oppergesag van die reg. Sy kwytskelding in ‘n poging om oorbevolking in tronke te verlig, is niks anders as ‘n dekmantel om ‘n magtige politikus te help om geregtigheid te ontsnap nie, het hy gesê. Die DA-LP adv. Glynnis Breytenbach, het gister aan Netwerk 24 bevestig dat die party regstappe sal doen teen die kwytskelding. Sy het gesê die kwytskelding is juis gedoen vir ‘n sekere groep gevangenes om vir Zuma uit die tronk te hou.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×