Regstappe oor Kubaanse ingenieurs in Suid-Afrika gaan voort

Solidariteit het vandeesweek ‘n kragtige gesprek met die minister van menslike nedersetting, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, gehad oor die invoer van Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika om met waterprobleme te help.

Maroela Media beweer dat die regsproses om die besluit te betwis, voortgaan.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sal die minister se span teen Woensdagmiddag ‘n voorstel maak om die dispuut te probeer ontlont.

Die voorstel sal fokus op ‘n moontlike ooreenkoms, om die privaatsektor by infrastruktuur-projekte te betrek.

Volgens Hermann is die kern van hierdie hele probleem die algehele gebrek aan respek vir vaardighede en ook die privaatsektor in Suid-Afrika.

Luister na potgooie hieronder