Corruption Watch het by die DA, Freedom Under Law en ander groepe aangesluit om te vra dat die uitgeskopte regter-president van die Wes-Kaap, doktor John Hlophe, as lid van die Regterlike Dienskommissie verwyder word. Corruption Watch stem saam dat hy nie onderhoude met kandidate vir regterposte kan voer nie.
Die organisasie het gister bekend gemaak dat dit ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien het om Hlophe se aanstelling te keer. Die Nasionale Vergadering het op 9 Julie ingestem dat Hlophe ‘n kommiselid as die verteenwoordiger van die MK-party.