Regsverteenwoordiger sê Zane Kilian het nie Charl Kinnear vermoor nie

Die regsverteenwoordiger van die man wat van moord op die speurder van die Kaapstad Teen-bende-eenheid, Charl Kinnear, aangekla word, sê daar is geen getuienis wat daarop dui dat sy kliënt die polisiebeampte vermoor het nie.

Die beskuldigde, Zane Kilian, het gister in die Bishop Lavis Landdroshof verskyn waar sy prokureur aan die hof gesê het die nasporing van Kinnear se selfoon was wettig. Die 39-jarige Killian word van moord, sameswering om ’n moord te pleeg en onwetttige onderskepping van kommunikasie aangekla. Die saak is weens veiligheidsredes tot aanstaande Woensdag uitgestel.

Luister na potgooie hieronder