Regter Piet Koen het hom vanoggend onttrek aan oudpresident Jacob Zuma se wapenskandaal-korrupsieverhoor, wat reeds langer as 20 jaar sloer.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Koen, die regter in dié opspraakwekkende korrupsieverhoor, het in Oktober gesê sy betrokkenheid as regter moet in die belang van geregtigheid deeglik oorweeg word.

Koen het vanoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê hoewel dit nie ‘n maklike besluit is nie, glo hy dat hy homself van die verhoor moet verwyder en dat enige hof sonder kritiek of verdenking moet wees.

Zuma staan saam met die Franse wapenvervaardiger Thales, tereg op 16 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery.

Zuma het reeds met verskeie hofaansoeke probeer om die staatsaanklaer in die saak, advokaat Billy Downer, te laat verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×