Hoofregter Raymond Zondo sê die arrestasie van advokaat Malesela Teffo binne ‘n hofsaal is onaanvaarbaar.

Teffo is verlede week in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria in hegtenis geneem kort ná die uitstel van die Meyiwa-moordsaak.

Zondo sê in ‘n verklaring hy het die beeldmateriaal van die voorval nagegaan en bykomende inligting oor die aangeleentheid bekom.

Hy sê die arrestasie van Teffo in ‘n hofsaal is heeltemal onaanvaarbaar, veral omdat Teffo in ‘n saak in dieselfde hofsaal betrokke was.

Zondo sê die wyse waarop die polisie opgetree het, was ‘n aanslag op die waardigheid van die hof en die regbank.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×