Volgens die organisasie Accountability Now, vertolk die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe die aard van sy skorsing verkeerd. Hlophe het ‘n dringende hersieningsaansoek by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien om president Cyril Ramaphosa te verhoed om hom te skors. Sy aansoek volg nadat die Regterlike Dienskommissie aanbeveel het dat hy geskors word hangende die uitslag van die ondersoek om hom in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Hy is vroeër skuldig bevind aan wangedrag weens pogings om twee voormalige regters in die konstitusionele hof te beïnvloed. Hlophe sê die RDK het onregmatig opgetree omdat daar ‘n hangende saak voor die Appèlhof is. Paul Hoffman, Die direkteur van Accountability Now, sê egter die skorsing is nie ‘n poging om Hlophe te straf nie, maar is ‘n voorsorgmaatreël om die waardigheid en doeltreffendheid van die regbank te beskerm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×