Reisigers uit Suid-Afrika in die VSA verbied

Die Withuis het bevestig dat die Amerikaanse president, Joe Biden, ‘n bevel onderteken het wat reisigers uit Suid-Afrika in die VSA verbied.

Dit volg nadat die nuwe variant van die coronavirus in Suid-Afrika aangemeld is.

Die verbod sal van toepassing wees op nie-Amerikaanse burgers wat van lande soos Suid-Afrika, Brasilië, Brittanje, Ierland asook 26 ander lande in Europa na Amerika wil reis.

Anne Schuchat, Amerika se hoofadjunkdirekteur van die Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming, sê Suid-Afrika is op die lys van verbode lande omdat die nuwe variant 501.Y.V2 reeds buite Suid-Afrika versprei het.

Luister na potgooie hieronder