Padgebruikers wat in die omgewing van Pretoria bestuur, word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ysterpen-lokvalle.

Die burgerregteorganisasie AfriForum verduidelik dat die misdadigers wat hierdie lokvalle meestal in die omgewing van Pretoria plaas, dit elke dag van die week doen, Maandag tot Sondag, en hulle is gewoonlik gewapen.

Die organisasie se hoofwoordvoerder, Jacques Broodryk, sê hulle kan enige tyd van die dag of nag toeslaan, en hulle beweeg meestal in groepies van twee tot tien.

Maroela Media berig dat die ysterpen-lokvalle of klippe in die pad geplaas word, sodat padgebruikers forseer word om te stop en aangeval te word.

Broodryk vra dat motoriste waaksaam moet wees vir enige lokvalle wat ontwerp is om hulle tot stilstand te bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×