African Parks het die grootste renoster plaas met tweeduisend renosters op agtduisend hektaar eiendom in die Noord-wes gekoop. Die organisasie het aangekondig dat dit die natuurbewaarder, John Hume, se renosterteel-operasie aangekoop het. African Parks het gesê dit beoog om die renosters in die terrein te hervestig en die teelprogram te staak sodat die diere binne 10-jaar in die wild vrygelaat kan word. Die plaas is huidiglik die tuiste van 15% van die oorblywende populasie van die suidelike wit renoster. Peter Fearnhead, uitvoerende beampte van African Parks, het gesê die diere moet ‘n integrale rol speel in ‘n funksionerende ekosisteem. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×