‘n Renosterstroper wat in 2016 in die Krugerwildtuin vasgetrek is, is die afgelope week in die Skukuza-landdroshof tot 32-jaar tronkstraf gevonnis. Newerk 24 berig Freedom Siyabonga Ndlovu is skuldig bevind aan betreding, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, sameswering en drie aanklagte van renosterstropery. Ndlovu, Alberto Valoyi en Fanwell Ndobe is in 2016 in hegtenis geneem terwyl Ndlovu en Ndobe op borgtog vrygelaat en spoorloos verdwyn het. Ndlovu is weer vasgetrek maar Ndobe is steeds op vrye voet. Valoyi is destyds skuldig bevind en gevonnis. In die Oos-Kaap is ses lede van die berugte renosterstropingsbende, die Chitiyo-bende, die week vir mintens 16-jaar en langer tronk toe gestuur. Die hooggeregshof in Makhanda het die ses mans, almal Zimbabwiese burgers, skuldig bevind aan renosterstropery, sameswering om renosterhoring te steel en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die baasbrein, die 35-jarige Francis Chitiyo is tot 20-jaar direkte tronkstraf gevonnis.