Indien die rand goed presteer en die internasionale olieprys bly waar hy tans is, is die kans goed dat die Reserwebank teen die middel van die jaar kan begin om die repokoers te verlaag.

SABC-nuus berig dit is luidens die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal om drieuur vanmiddag sy besluit
oor die rentekoers bekend maak.

Roodt sê hoewel die uitleenkoers vandag waarskynlik onveranderd gelaat sal word, is dit nie onmoontlik dat Suid-Afrikaners ‘n volle 1% verlaging vir die hele jaar kan verwag nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×