Ekonome voorspel dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) hierdie week nog ‘n rentekoersverhoging gaan aankondig.
Dit kom terwyl die SARB se Monetêre Beleidskomitee oor die volgende paar dae sal vergader.
Volgens die ontleders word ‘n verhoging van 25 basispunte verwag, wat die repokoers tot sewe-komma-vyf persent kan neem. Die prima-uitleenkoers sal tot elf persent verhoog.
Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sal die aankondiging op 30 Maart maak. Ekonome het gesê die verhoging word toegeskryf aan die styging in inflasie.