Die Reserwebank het die rentekoers vir die tweede agtereenvolgende keer onveranderd gehou maar gewaarsku dat inflasie nie in bedwang is nie. Die president van die sentrale bank, Lesetja Kganyago, het gewaarsku dat die monetêre beleidskomitee gereed was om die rentekoerse te verhoog sou ekonomiese data in die volgende paar maande dit regverdig. Netwerk 24 berig drie van die vyf lede het gestem dat die rentekoers onveranderd bly terwyl twee lede die rentekoers met 25 basispunte wou verhoog. Hy kon nie sê wanneer rentekoerse verlaag gaan word nie want die fokus is nie op wat geldleners of spaarders wil hê nie, maar op die haal van prysstabiliteit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×