Al smag verbruikers na ‘n bietjie verligting, is dit onwaarskynlik dat rentekoerse die week sal daal.
Volgens Netwerk 24 sal die tweede rentekoersbesluit vir 2024 reeds Woensdag gedoen word in plaas van Donderdag omdat dit Paasnaweek is.
Die monetêre beleidskomitee, of MBK, het rentekoerse die afgelope vier sittings onveranderd gehou. Die repokoers is tans 8,25% en die prima rentekoers van banke is 11,75%.
LEES MEER: Bosa verwelkom Reserwebank se besluit oor rentekoers
Reuters berig die konsensus onder ontleders is dat die Federale Reserweraad van Amerika eers in Junie met rentekoersverlagings sal begin. Ekonome voorspel Suid-Afrika se rentekoers sal na verwagting eers in Julie of September verlaag word.