Rentekoerse is met 25 basispunte verhoog. Dít aangesien die Reserwebank sy verwagtinge vir groei vanjaar verminder het. Drie lede van die monetêrebeleidskomitee het vandag ten gunste van die verhoging van 25 basispunte gestem, terwyl twee ‘n verhoging van 50 basispunte wou hê. Dit bring die repokoers op sewe-komma-twee-vyf persent te staan, en die primakoers op 10-komma-sewe-vyf persent. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het verlede jaar koerse met 75 basispunte verhoog vir drie vergaderings in ‘n ry.