Rentekoerse sal onveranderd bly, wanneer die Reserwebank aanstaande week sy aankondiging maak. Dit ondanks die feit dat inflasie in April effens meer gedaal het, as wat verwag is.
Volgens Statistieke Suid-Afrika het verbruikersprysinflasie in April tot 5,2% gedaal, vanaf 5,3% in Maart. ‘n Senior ekonoom van FNB, Koketso Mano, sê hierdie neiging behoort voort te duur, maar dat rentekoerse, indien wel, eers heelwat later vanjaar sal daal.