Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het gesê inflasie raak die armste en kwesbaarste mense in die land die ergste. Hy het gesê die inflasiekoers vir die armste tiende deel van die bevolking in Julie was in werklikheid nege-komma-drie persent in vergelyking met die gemiddeld van vier-komma-sewe persent. Kganyago het ʼn aanbieding oor die Reserwebank se jaarverslag aan die parlement se Staande Komitee oor Finansies gedoen. Hy het gesê daar is wel verligting in die vooruitsig in die vorm van disinflasie. Dit word gesteun deur talle internasionale faktore soos onder andere internasionale kospryse wat besig is om te daal.