Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met vyftig basispunte verhoog. Dit bring die repokoers waarteen die sentrale bank geld leen aan handelsbanke, op 7,75 persent te staan. Die prima rentekoers waarteen banke geld aan verbruikers en ondernemings uitleen, verhoog tot 11,25 persent. Dit is die eerste keer in 14-jaar, sedert Mei 2009, dat die rentekoers elf persent of meer beloop berig Netwerk 24. Die koers is nou ‘n volle 150 basispunte hoër as voordat die ramptoestand vir die Covid-19 pandemie op 15 Maart 2020 ingestel is. Die pas aangekondigde verhoging is die negende agtereenvolgende verhoging, wat van 25 tot 75 basispunte gewissel het. Die inflasie is tans sewe persent en kosprysinflasie dertien komma ses persent, ook die hoogste in 14-jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×