Twee verdagtes verskyn eersdaags in die hof in Noordwes vir beweerde oortredings van die Dierebeskermingswet.

Die twee is na bewering sonder ’n permit in die besit gevind van ’n blou-aap, arendsvere en velle van ’n African Rock Python-slang.

Onwettige dierehandel skyn landwyd hoogty te vier.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig ‘n man van Bloemfontein wat ‘n skilpad vir R200 wou verkoop, is deur die Dierebeskermingsvereniging vasgetrek, terwyl twee ander mans ‘n steenbokkie aan besighede in die suide van die stad probeer smous het.

Dié twee mans is ook in hegtenis geneem.

Reinet Meyer, hoofinspekteur van die DBV in Bloemfontein, het gesê die aanhou van wilde diere sonder ‘n permit is onwettig en mense wat hierdie misdryf pleeg kan ‘n boete van tot soveel as R100 000 of tien jaar tronkstraf op die lyf loop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×