Steenkool-uitvoer vanaf Richardsbaai het nou afgeneem tot vlakke wat laas in die 1990’s gesien is.
Die Richardsbaai-steenkoolterminaal is Suid-Afrika se grootste. Dit beskik oor die kapasiteit om 91 miljoen ton steenkool per jaar uit te voer.
Slegs nagenoeg 47 miljoen ton steenkool het egter die afgelope jaar die hawe hier verlaat. Transnet-werksaamhede word as een van die hoofredes vir die reuse daling genoem. Die diefstal van elektroniese koperkabels en treinspore vir skroot, verlam Transnet se vermoë om steenkool per trein na Richardsbaai te vervoer.