Reuse kommer heers oor die moontlikheid dat ‘n tweede, en selfs, erger, slikdamramp by Jagersfontein in die Vrystaat kan tref.

Sam Mashinini, ANC-LPW en voorsitter van ’n portefeuljekomitee van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, of Cogta, het gister in die Vrystaatse wetgewer gesê die departement van water en sanitasie moet die gebied eers veilig verklaar, alvorens die huise gebou kan word.

Ná beraadslaging met kundiges, kan die departement nie die gebied as veilig verklaar nie.

Rosestad-nuus het in Mei vanjaar berig adjunk-president, Paul Mashatile het breëbors gesê benewens behuising vir diegene wat deur 11 September 2022 se slikdam-ramp haweloos gelaat is, word daar voorsiening gemaak om die hele ‘n nuwe baadjie aan te trek.

Gadija Brown, Vrystaatse LUR vir finansies, het toe gesê daar is ’n lang lys van dienste wat die Vrystaatse regering reeds aan rampslagoffers gelewer het.

Etlike miljoene is skynbaar teen daardie tyd reeds bestee om boere van die gebied te help.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×