AfriForum Jeug het ’n reuse oorwinning vir studente van die Universiteit van Pretoria (UP) behaal. Al agt die studenteraadskandidate van die EFF by die UP is gediskwalifiseer ná hulle dié universiteit se studenteraadsverkiesingsreëls oortree het. AfriForum Jeug het ’n klagte teen die EFF-kandidate by die UP ingedien ná dit aan die lig gekom het dat hulle in die strate van Hatfield onder meer “Kill the Boer” gesing het en studente op ander wyses geïntimideer het. Die woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, sê dis ‘n oorwinning vir AfriForum en die jeug.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×