Vrystaat Landbou en Agri Noordwes het ‘n skenking van altesaam 4-honderd en 50 duisend rand ontvang om verligting, na vernietigende brande in die provinsies, te bied. Maroela Media berig verder dat Senwes ook die jaar, vir die eerste keer ‘n Plaaspad-held aanwys, wat vanjaar na die 18 jarige boerseun Frikkie Tolmay gaan.

Aan hom het die maatskappy 50 duisend rand geskenk, om te help met sy mediese-onkostes. Dit nadat hy ‘n 10 mense waaronder daar 7 kinders was, uit die vlamme tydens ‘n brand in Fochville, gered het. Volgens Senwes is boere elke dag helde in hulle gemeenskappe en gee hulle graag erkenning en bystand aan hierdie Plaaspad-helde.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×